Troue in my kultuur het gegaan oor die opgewondenheid van die die bruid se rok, serimonie, die trou koek, onthaal, honderde fotos, honeymoon...
En dan jare later, die lelike egskeiding. Ek kon my altyd verwonder aan die kontras. Maar oor die jare het die realiteit stadig maar seker begin indring dat 'n huwelik het spesiale aantrekking en die perfekte teelaarde vir allerhande parasiete van die menslike gevallenheid en in sommige gevalle, die gevalle geestelike entiteite en hulle nageslag.
Maar voor mens in depressie en wanhoop verval, wat se die Bybel? In kort:
- YHWH het dit ingestel - die rib verhaal
- YHWH het die formaat bepaal - sal een vlees wees
- YHWH het formeel wetlike formaat bepaal - verbond ipv 'n kontrak
- YHWH het grense vir een wording bepaal - byv. ALLE, behalwe een, buite-die-eg-seks was 'n halsmisdaad
- Verbreking was net toegelaat in TWEE gevalle - "fornication", en vreemde vroue.
- YHWH het Sy verhouding met Sy bruid geskoei op 'n huweliksverhouding
Vandag nog word 'n huwelik gekonsumeer met die eerste gemeenskap - soos in die ou tyd. En dan is die paartjie aan mekaar "geglue" en kan nie. behalwe in sekere gevalle, "unglued" word.
Jesus het op die Ou Verbond gebou en
- Van die grense dramaties vernou - "kyk" was nou gelyk aan "doen", en is instaat om mens tot die helle vuur veroordeel te kry (moet asseblief nie met die P van die T voorindag kom nie. Dis Jesus nie Jacob se woorde)
- Egskeidingsbrief is gelyk gestel aan "wegjaag" (sien woorde) en daarom is hertroue egbreuk.
- Hertoue is egbreuk
- Jesus het die vrou se ondergeskikte rol in Ou Verbond dramaties verhoog - maar nie heeltemal gelyk gestel aan haar man nie.
Die Apostels en briefskrywers van die Nuwe Verbond
- Het op die fondament van Jesus gebou
- Spesifieke riglyne gegee tov. man-vrou verhoudings, kind-ouer verhoudings.
Spasie en tyd is te beperk om volle reg aan die onderwerp te gee. Maar die intensie van die stukke is om die lesers bewus te maak van sekere aspekte wat deur die Bybel aangeraak word. Die leser word aangmoedig om verder navorsing te doen en hom(haar)self te vergewis van die waarheid al dan nie van die stukke. 'n Studie van die verbonde in die out tyd word sterk aanbeveel.
Let veral op na die
- Ritueel - die aspekte wat op die huwelik van toepassing is
- Klousules - hoe dit die huwelik beinvloed
- Gebrek aan "parting clauses" - dit is nie 'n kontrak met boeteklousules nie. Kanselering geskied alleenlik met die dood van een van die partye.